1 Januarie 2010


En so het die Nuwe Jaar begin: Tannie Thalassa wat haar linkervoet baie seergemaak het.
Sy het 'n rukkie gelede 'n nuwe stoel gekoop met wielietjies - so 'n tipiese kantoorstoel. Met die dat sy vorentoe leun om die waaier by die muur af te sit, want Oom Ernesto kry so makilk koud, gly die wieliejtjies van die stoel en gooi haar mooitjies af! Haar voet haak toe vas tussen die stoel en die tafelpoot en sy eindig op in 'n snaakse posisie op die mat. Knie ook seergekry en duimnael blou van probeer keer...
Maar sy was baie braaf die heel dag lank. Daar was 'n lang proses by die hospitaal, maar teen 17:30 is ons huis-toe en is haar voet lekker verbind met Trans-Act en het sy ook 'n lekker Voltaren-inspuiting gekry teen die pyn wat haar, so hoor ek vandag, gisteraand heeeerlik laat slaap het!
Die Here was vir ons goed - al die administratiewe reelings by die hospitaal het vlot verloop, die personeel was baie vriendelik en die dokter baie saggesind. Die wag was lank, maar so was dit vir almal om ons.
Daar was baie mense. Twee ernstig: beroerte die een en die ander een waarskynlik 'n hartaanval. Eg. is dadelik gehelp, maar lg moes in die ry sit en wag en teen die tyd dat sy beurt aanbreek, is hy dadelik in 'n bed met 'n suurstofmasker ICU-toe gestoot... laat mens wonder! As jy nog kan regop sit, wag jy in die tou! Ai
Benji en ek was so teen 7-uur die aand weer tuis met 'n lekker gevoel dat die jaar met diensbaarheid begin het. Selfs ons twee se klein, en klaarblyklike onbenullige, sirkeltjie van lewe hoef nie ander mense se lewens onaangeraak te laat nie. Iemand het ons nodig.

Comments

Popular posts from this blog

Mannin