Kieties en tuisbly



Hier is ons nuwe kietiekat. Haar naam is Amelie. Mignon het haar gedoop. Sy was Benjamin se kersfeespersent. En al lyk sy soos 'n 100 ander katjies, is sy heel anders. Sy is die maklikste, mees plooibare katjie ooit. Jy kan enigiets met haar doen. Op enige manier vashou en sy sal net daar le^ en vir jou kyk! :) Die enigste kriteria wat Benji gehad het toe ons haar gaan kies het, was dat sy spelerig moet wees en dat sy spelerig moet wees. En is sy spelerig!! Maar sy slaap ook nog baie. Sy is maar 9 weke oud. Sy hou veral daarvan om in Mignon se nek te slaap. Maar wanneer Mignon weg is, krul sy sommer by my of Benji op. Sy hou ook daarvan om op my skoot te le^ terwyl ek by die rekenaar sit. Toe ons haar gekry het, was haar pels maar effens skraffie, maar sy begin nou al sigbaar vetter word en, hoop ons, sal haar pels ook geleidelik mooier word. Ons verlang na ons ander kietiekatte wat ons moes weggee verlede jaar.

O ja, hoe gaan Benji vir sy katjie sorg terwyl hy in die koshuis is? Antwoord is: hy gaan nie terug Morgenzon toe nie!! Hy bly hierdie jaar tuis en gaan terug Unika toe. Hopeliks sal die fisiese pyn op my hart nou weggaan, want ek dink ek is baie bekommerd oor hom daar. Die dokter het 'n EKG en als gedoen, maar kry niks fout met my hart nie. So, dalk was dit al die tyd iets psiegies. Ek is dankbaar en bly dat Benji wil bly. Hy het 'n wonderlike 2009 op die platteland gehad. Nou terug stad toe. Ek dink wanneer hy eendag terugkyk en na die foto's kyk van 2009, dit dalk vir hom soos 'n ander we^reld of 'n tipe paralelle univers sal voel - onwerklik en baie ver.

Comments

Popular posts from this blog

Mannin