Posts

Showing posts from January, 2010

Hoe om musiek by blog te voeg

Skep eers die musiek aan-af knoppie op jou sidebar, as volg: - Vind die skakel wat jy moet gebruik deur eers op die volgende skakel te klik http://www.bloggerbuster.com/2007/07/add-background-music-to-your-blog.html . Dit neem jou na 'n Post in Blogger Buster toe - Copy die link wat onder hierdie icon voorkom: (as ek dit copy en hier paste dan verander dit direk in die icon, so die eintlike link is as volg, maar wanneer jy dit copy, haal net die DIT op 2 plekke uit voor jy dit paste: ) - In jou blog, click Customise bo regs - Click Add a Gadget - Click die plus-teken by HTML/Java Script - Tik enigiets in Title - Paste die skakel wat jy gecopy het in die body van die HTML/Java Script gadget Dit sal nog nie speel nie, maar vervang die deel vanaf "http..." tot net voor autostart , met jou eie embedded musiek-link; dus as jy mooi musiek vind, copy die embed skakel en vervang 'n gedeelte van die skakel binn-in die body van die HTML/Java gadget. Dus skep jy so jou eie nuwe

Kieties en tuisbly

Image
Hier is ons nuwe kietiekat. Haar naam is Amelie. Mignon het haar gedoop. Sy was Benjamin se kersfeespersent. En al lyk sy soos 'n 100 ander katjies, is sy heel anders. Sy is die maklikste, mees plooibare katjie ooit. Jy kan enigiets met haar doen. Op enige manier vashou en sy sal net daar le^ en vir jou kyk! :) Die enigste kriteria wat Benji gehad het toe ons haar gaan kies het, was dat sy spelerig moet wees en dat sy spelerig moet wees. En is sy spelerig!! Maar sy slaap ook nog baie. Sy is maar 9 weke oud. Sy hou veral daarvan om in Mignon se nek te slaap. Maar wanneer Mignon weg is, krul sy sommer by my of Benji op. Sy hou ook daarvan om op my skoot te le^ terwyl ek by die rekenaar sit. Toe ons haar gekry het, was haar pels maar effens skraffie, maar sy begin nou al sigbaar vetter word en, hoop ons, sal haar pels ook geleidelik mooier word. Ons verlang na ons ander kietiekatte wat ons moes weggee verlede jaar. O ja, hoe gaan Benji vir sy katjie sorg terwyl hy in die koshuis is? A

Skep jou eie blog

Vir die geheuebank- Om jou eie blog te skep in Blogger, en alles te kan doen wat ek in hierdie blog doen, is die stappe soos volg: 1. Skep eers vir jou ‘n Google email adres hier: https://www.google.com/accounts/ServiceLogin?service=mail&passive=true&rm=false&continue=http%3A%2F%2Fmail.google.com%2Fmail%2F%3Fui%3Dhtml%26zy%3Dl&bsv=zpwhtygjntrz&scc=1&ltmpl=default&ltmplcache=2&hl=en (Copy the link and paste in a new tab) Gebruik dan hierdie gmail adres by die skep van al die ondergenoemde. Hou die password dieselfde, behalwe as jy 'n goeie metode het om dit te onthou. Die oomblik as jy dit klaar geskep het, maak ‘n Favourite daarvan sodat jy maklik weer daarna kan teruggan. Maak ook ‘n nota van die gebruikersnaam wat jy gekies het, die blog se URL en ook die blognaam, bv in Notes in Outlook kan jy ‘n plakker skep met hierdie inligting. Dus is jou Username en Blogname nie noodwendig dieselfde nie. 2. Skep nou jou eie Google Blogger hier: https://www.bl

1 Januarie 2010

Image
En so het die Nuwe Jaar begin: Tannie Thalassa wat haar linkervoet baie seergemaak het. Sy het 'n rukkie gelede 'n nuwe stoel gekoop met wielietjies - so 'n tipiese kantoorstoel. Met die dat sy vorentoe leun om die waaier by die muur af te sit, want Oom Ernesto kry so makilk koud, gly die wieliejtjies van die stoel en gooi haar mooitjies af! Haar voet haak toe vas tussen die stoel en die tafelpoot en sy eindig op in 'n snaakse posisie op die mat. Knie ook seergekry en duimnael blou van probeer keer... Maar sy was baie braaf die heel dag lank. Daar was 'n lang proses by die hospitaal, maar teen 17:30 is ons huis-toe en is haar voet lekker verbind met Trans-Act en het sy ook 'n lekker Voltaren-inspuiting gekry teen die pyn wat haar, so hoor ek vandag, gisteraand heeeerlik laat slaap het! Die Here was vir ons goed - al die administratiewe reelings by die hospitaal het vlot verloop, die personeel was baie vriendelik en die dokter baie saggesind. Die wag was lank, ma