Posts

Showing posts from December, 2009

God is goed

Image
Ons se^ vir mekaar: Die HERE is goed. Ja, die HERE is baie groot en Hy is goed.

Die non en die riller

Ons gaan neem dvd's uit 'n paar dae gelede. Toe ons nadese in die kar klim, se^ Benjamin sag, "ek het nog nooit 'n non in 'n dvd-winkel gesien nie, en toe neem sy nogal 'n riller uit!" :-)

Vakansie

En so het die vakansie aangebreek. En ook heel goed begin. 'n Paar beloftes wat ek myself gemaak het, het ek sommer die eerste dag nagekom!! As die kinders vra dat ek kom swem, sou ek dadelik ja se^ en kom. En ek het. Ons sou baie gesonde smoothies maak, en so waar, die eerste oggend al, "Hierjy, jou lekker smoothie!" Die huis propvol vars vrugte en groente, vars rissies, knoffel en gemmer! Joseph sou 24 Des Wallis toe vlieg, maar met 'n dreigende British Airways "strike" wat oor die kersfeestyd 'n moontlikheid mag word, het hy dit reggekry om sy vlug te vervroeg na komende Sondagaand reeds! 'n Lang-verwagte vakansie saam hom kortgeknip, maar knies nie! Mignon het ingepak asof sy nooit weer teruggaan huis toe nie!! En uitgepak hier by my asof sy vir altyd hier gaan bly. 'n Lekker gevoel. Benjamin het 2 maats hier in die kompleks en hom sien ek net nou en dan - reel is: elke uur 'n sms om te se^ of hy nog heel is. Ekke - het by Oom Rex se begr

Nou pad, lang pad

Image
Waar is huis? Waar die pad? Reguit pad? Afdraai paadjies.... Val, opstaan, stofpad aanstap... "Die aarde is ons woning niet". Brokkies lewe hier uit Jo'burg.