Skep jou eie blog

Vir die geheuebank-

Om jou eie blog te skep in Blogger, en alles te kan doen wat ek in hierdie blog doen, is die stappe soos volg:

1. Skep eers vir jou ‘n Google email adres hier:
https://www.google.com/accounts/ServiceLogin?service=mail&passive=true&rm=false&continue=http%3A%2F%2Fmail.google.com%2Fmail%2F%3Fui%3Dhtml%26zy%3Dl&bsv=zpwhtygjntrz&scc=1<mpl=default<mplcache=2&hl=en

(Copy the link and paste in a new tab)

Gebruik dan hierdie gmail adres by die skep van al die ondergenoemde. Hou die password dieselfde, behalwe as jy 'n goeie metode het om dit te onthou.

Die oomblik as jy dit klaar geskep het, maak ‘n Favourite daarvan sodat jy maklik weer daarna kan teruggan. Maak ook ‘n nota van die gebruikersnaam wat jy gekies het, die blog se URL en ook die blognaam, bv in Notes in Outlook kan jy ‘n plakker skep met hierdie inligting. Dus is jou Username en Blogname nie noodwendig dieselfde nie.

2. Skep nou jou eie Google Blogger hier: https://www.blogger.com/start

Die oomblik as jy dit klaar geskep het, maak ‘n Favourite daarvan sodat jy maklik weer daarna kan teruggan. Maak ook ‘n nota van die gebruikersnaam wat jy gekies het, bv in Notes in Outlook kan jy ‘n plakker skep met hierdie inligting.

Ek het vir my ‘n Favourite gemaak na die blad waar ek inteken en ook ‘n ander Favourite na die blad wat lesers sien. Dit werk ook beter vir my om 'n Favourite te he^ na Manage Posts.

3. Skep vir jou ‘n gratis 500 MB Photobucket rekening hier: http://register.photobucket.com/

Merk jou foto-albums Private, waar jy die opsie kry. As jy dit nie Private merk nie, gee jy hulle die reg om dit te publish waar hulle wil – lees die Terms of Use. As jy die foto’s na Facebook of na Blogger wil deel, moet jy dit Public merk. Mens kan elke album afsonderlik Public of Private merk.

Die oomblik as jy dit klaar geskep het, maak ‘n Favourite daarvan sodat jy maklik weer daarna kan teruggan. Maak ook ‘n nota van die gebruikersnaam wat jy gekies het, bv in Notes in Outlook kan jy ‘n plakker skep met hierdie inligting.

4. Skep vir jou ‘n gratis Youtube rekening vir videos hier: http://www.youtube.com/ Ek probeer maar om nie te lank te huiwer op die tuisblad van Youtube nie, want daar kan nogal gemors wees daar.

Merk jou videos Private, waar jy die opsie kry. As jy dit nie Private merk nie, gee jy hulle die reg om dit te publish waar hulle wil – lees die Terms of Use. As jy die videos na Facebook of na Blogger wil deel, moet jy dit Public merk. Mens kan elke video afsonderlik Public of Private merk.

Die oomblik as jy dit klaar geskep het, maak ‘n Favourite daarvan sodat jy maklik weer daarna kan teruggan. Maak ook ‘n nota van die gebruikersnaam wat jy gekies het, bv in Notes in Outlook kan jy ‘n plakker skep met hierdie inligting.

(Opsioneel, en nie vir die doel van die blog nie, kan jy ook vir jou ‘n Google Profile skep hier: https://www.google.com/accounts/ServiceLogin?service=profiles&continue=http%3A%2F%2Fwww.google.com%2Fprofiles%2Fme%3Fedit%3Df<mpl=landing

Jy kan ook, indien jy ‘n besigheid het, jou eie webblad hier skep: http://www.yola.com/?cid=10012 )

Op my blog verskyn daar langs die kant slideshows en video's. Dis hoe ek dit reggekry het:

Die slideshow gebeur dmv 'n Feed uit Photobucket uit en die video uit Youtube uit - albei gratis en mens kan jou goed Private merk. Nota bene: as jy dit wil Feed na jou blog toe moet die video of album Public gemerk wees. Mens kan elke video (in Youtube) en elke foto-album (in Photobucket) apart Private of Public merk - dis nie net een algemene stelling vir al mens se albums of videos nie. Selfs al is jou albums in Photobucket en jou videos in Youtube gemerk as Public, sal mense dit slegs kan vind as hulle reeds jou email-adres vooraf ken.

Om in jou blog die foto's in 'n slideshow te laat hardloop aan die een kant van jou blog, of om 'n video op jou blog te sit wat mense daar en dan op dieselfde bladsy kan kyk, sonder om na 'n aparte bladsy te gaan of sonder om in Youtube oop te maak, click mens op Customize, dan op Layout en dan op Add a gadget en click dan op die plus-teken langs Slideshow en ook langs Video Bar.

Vir die Slideshow:
Mens laai jou foto's in 'n album in bv. Photobucket (sien source nadat jy op Slideshow geclick het). Skep vir jou 'n gratis rekening in Photobucket. Click dan op die naam van die album en kyk heel onder aan die bladsy sien jy "Feed for this album". Click daarop en copy die URL uit die address bar. By Source waar jy besig is om die Slideshow by te voeg in die blog, click op Other en paste dan die URL in die wit blokkie. Gee dit 'n naam, en siedaar - al die foto's in daardie spesifieke album verskyn aan die kant van jou blog in die vorm van 'n slideshow. Glo my, dit help nie om te veel moeite te doen met die volgorde van die foto's nie, want soms begin dit by die einde en soms by die begin wys en soms wys dit deurmekaar - glo my ek het ure lank daarmee gesukkel...

Vir die Video Bar:
Maak jou Channel oop op youtube deur vir jou 'n gratis-rekening oop te maak in Youtube. Die blog praat ook van Google Video, maar dit is nou slegs beskikbaar vir bestaande gebruikers en nie vir nuwe gebruikers nie. Laai jou videos op jou kanaal. "Add die gadget" vir video bar in jou blog en waar dit Title se^, sit die presiese titel van jou video in, verkieslik nie 'n te algemene naam nie want dan kom le^ klomp ander mense se video's sommer op jou blog. By channel sit jy net jou youtube-kanaal usernaam in. Die een wat regs bo in vetgedruk in jou youtube hoofblad verskyn en wat jy self gekies het aan die begin. Kyk of jou video by Preview laai en click Save.

By the by, hierdie tipe slideshow gebeur NIE deur self vooraf 'n slideshow te skep nie. Ek het dit ure lank getoets. Dit is 'n rss feed wat self die slideshow maak en laat hardloop uit 'n album vol los foto's.

Maar mens kan wel tog ook direk in Photobucket'n Slideshow skep van fotos’ in mens se Photobucket-albums en kan dan die Slideshow direk Share na Blogger toe en kan kies of mens dit op mens se side bar wil sit of direk as 'n New Post. Maar, as mens kies “Post to sidebar”, val dit soms van die bladsy af. Als hang af of jy dit heeltyd lewendig aan die kant (in die sidebar) wil hou en of jy dit net na jou blog toe wil pos sodat dit geleidelik deel word van jou argiewe.

Mens kan ook die Slideshow direk na Facebook toe share.

As mens ‘n Slideshow deel na Blogger toe, kry mens nie ‘n opsie in Blogger om die Slideshow ‘n titel te gee nie. Ek het oral probeer, maar kry dit nie reg nie. By Edit Posts, kry ek ‘n Error Message as ek die titel probeer verander. Mens ka nook nie Tags (labels) aansit nie.

Die volgorde van die foto’s in Photobucket word nie behou in Blogger nie, nie die volgorde van die albums nie en ook nie die volgorde van die Slideshows nie. Maar ek kom nou agter dat dit baie afhang van watter styl jy kies vir jou Slideshow. Van die style, bv. Stamp2 laat jou voorkeur-volgorde behoue bly - die volgorde waarin jy jou Slideshow in Photobucket geskep het. Jy kan wel die volgorde in plek sit vir die skouing van die foto’s in Photobucket self, maar moenie verbaas wees as die Slideshow in Blogger ‘n ander volgorde het nie of selfs dieselfde paar foto’s oor en oor herhaal voordat dit aanskuif na ander foto’s toe nie. Dit sal nie help om dit te probeer regmaak nie – ek het dit ure lank getoets en probeer manipuleer – soms verskyn die foto’s van agter af vorentoe, soms van die voor af agter toe, soms sommer net random, al het mens ne^rens “random” getiek nie!

Onthou, die Blogger deel (Share) slegs die foto’s, dus bly die huis/bron van die foto’s Photobucket. Net so bly die foto-album in Photobucket die bron van die Slideshow in Photobucket, dit is nie ‘n herhaling (of copy) van die foto’s in daardie album nie. Dus, as jy ‘n foto in ‘n foto-album uitvee wat gekies was as deel van ‘n Slideshow, dan raak daardie hele Slideshow onbruikbaar en affekteer dit direk die link na die Blogger toe en daardie Slideshow sal dan nie weer laai of wys in Blogger nie. Foutboodskap: “[URL naam] failed to load or parse”. In Photobucket lyk dit of die Slideshow nog daar is, maar as jy dit weer probeer deel na Blogger toe, se^ dit vir elke foto in die Slideshow dat dit uitgevee is. Die gevolgtrekking: as jy ‘n Slideshow gemaak het in Photobucket, moenie ‘n foto uit die album uitvee nie, behalwe as jy bereid is om alles van vooraf op te stel…

Aan die ander kant: As jy slegs ‘n foto direk uit ‘n Slideshow in Photobucket uitvee, of byvoeg, of die titles verander, maar nie daardie foto uit die bron-album uitvee nie, affekteer dit glad nie die Slideshow in Blogger nie. Dit work outomaties in Blogger opgedateer. Ek was aan die begin verkeerd toe ek gedink het die link dateer nie outomaties op tussen Photobucket en Blogger nie. Dit doen wel.

Nie Photobucket of Blogger laat die oplaai van PowerPoint aanbiedings toe nie, nie ppt of pps lee^rs nie. Op geen stadium sien mens die opsie “All files” as mens beelde oplaai na Photobucket toe nie, maar Blogger wys wel “All files” in file format ten tye van die oplaai-proses, maar nietemin laat dit nie pps of ppt formate toe nie. Photobucket laat slegs die oplaai van gif, jpg, jpeg, png en bmp lee^rs toe.

Photobucket:
Ek weet mens kan al die titels van foto’s in dieselfde Slideshow uitvee deur een enkele klik, maar indien iemand uitvind hoe om ‘n titel gelyk by al die foto’s in ‘n album of Slideshow te sit met een klik, laat weet my asb!

En so aan… :)

Comments

Popular posts from this blog

Mannin