Vakansie

En so het die vakansie aangebreek. En ook heel goed begin. 'n Paar beloftes wat ek myself gemaak het, het ek sommer die eerste dag nagekom!! As die kinders vra dat ek kom swem, sou ek dadelik ja se^ en kom. En ek het. Ons sou baie gesonde smoothies maak, en so waar, die eerste oggend al, "Hierjy, jou lekker smoothie!" Die huis propvol vars vrugte en groente, vars rissies, knoffel en gemmer!
Joseph sou 24 Des Wallis toe vlieg, maar met 'n dreigende British Airways "strike" wat oor die kersfeestyd 'n moontlikheid mag word, het hy dit reggekry om sy vlug te vervroeg na komende Sondagaand reeds! 'n Lang-verwagte vakansie saam hom kortgeknip, maar knies nie!
Mignon het ingepak asof sy nooit weer teruggaan huis toe nie!! En uitgepak hier by my asof sy vir altyd hier gaan bly. 'n Lekker gevoel.
Benjamin het 2 maats hier in die kompleks en hom sien ek net nou en dan - reel is: elke uur 'n sms om te se^ of hy nog heel is.
Ekke - het by Oom Rex se begrafnis beloftes gemaak om kontak te hou op Facebook en so vasgevang geraak in die Farmville-kersfeestyd.

Comments

Popular posts from this blog

Mannin