Hier is ons nuwe kietiekat. Haar naam is Amelie. Mignon het haar gedoop. Sy was Benjamin se kersfeespersent. En al lyk sy soos 'n 100 ander katjies, is sy heel anders. Sy is die maklikste, mees plooibare katjie ooit. Jy kan enigiets met haar doen. Op enige manier vashou en sy sal net daar le^ en vir jou kyk! :) Die enigste kriteria wat Benji gehad het toe ons haar gaan kies het, was dat sy spelerig moet wees en dat sy spelerig moet wees. En is sy spelerig!! Maar sy slaap ook nog baie. Sy is maar 9 weke oud. Sy hou veral daarvan om in Mignon se nek te slaap. Maar wanneer Mignon weg is, krul sy sommer by my of Benji op. Sy hou ook daarvan om op my skoot te le^ terwyl ek by die rekenaar sit. Toe ons haar gekry het, was haar pels maar effens skraffie, maar sy begin nou al sigbaar vetter word en, hoop ons, sal haar pels ook geleidelik mooier word. Ons verlang na ons ander kietiekatte wat ons moes weggee verlede jaar. O ja, hoe gaan Benji vir sy katjie sorg terwyl hy in die koshuis is? A...