Posts

Hoe om musiek by blog te voeg

Skep eers die musiek aan-af knoppie op jou sidebar, as volg: - Vind die skakel wat jy moet gebruik deur eers op die volgende skakel te klik http://www.bloggerbuster.com/2007/07/add-background-music-to-your-blog.html . Dit neem jou na 'n Post in Blogger Buster toe - Copy die link wat onder hierdie icon voorkom: (as ek dit copy en hier paste dan verander dit direk in die icon, so die eintlike link is as volg, maar wanneer jy dit copy, haal net die DIT op 2 plekke uit voor jy dit paste: ) - In jou blog, click Customise bo regs - Click Add a Gadget - Click die plus-teken by HTML/Java Script - Tik enigiets in Title - Paste die skakel wat jy gecopy het in die body van die HTML/Java Script gadget Dit sal nog nie speel nie, maar vervang die deel vanaf "http..." tot net voor autostart , met jou eie embedded musiek-link; dus as jy mooi musiek vind, copy die embed skakel en vervang 'n gedeelte van die skakel binn-in die body van die HTML/Java gadget. Dus skep jy so jou eie nuwe ...

Kieties en tuisbly

Image
Hier is ons nuwe kietiekat. Haar naam is Amelie. Mignon het haar gedoop. Sy was Benjamin se kersfeespersent. En al lyk sy soos 'n 100 ander katjies, is sy heel anders. Sy is die maklikste, mees plooibare katjie ooit. Jy kan enigiets met haar doen. Op enige manier vashou en sy sal net daar le^ en vir jou kyk! :) Die enigste kriteria wat Benji gehad het toe ons haar gaan kies het, was dat sy spelerig moet wees en dat sy spelerig moet wees. En is sy spelerig!! Maar sy slaap ook nog baie. Sy is maar 9 weke oud. Sy hou veral daarvan om in Mignon se nek te slaap. Maar wanneer Mignon weg is, krul sy sommer by my of Benji op. Sy hou ook daarvan om op my skoot te le^ terwyl ek by die rekenaar sit. Toe ons haar gekry het, was haar pels maar effens skraffie, maar sy begin nou al sigbaar vetter word en, hoop ons, sal haar pels ook geleidelik mooier word. Ons verlang na ons ander kietiekatte wat ons moes weggee verlede jaar. O ja, hoe gaan Benji vir sy katjie sorg terwyl hy in die koshuis is? A...

Skep jou eie blog

Vir die geheuebank- Om jou eie blog te skep in Blogger, en alles te kan doen wat ek in hierdie blog doen, is die stappe soos volg: 1. Skep eers vir jou ‘n Google email adres hier: https://www.google.com/accounts/ServiceLogin?service=mail&passive=true&rm=false&continue=http%3A%2F%2Fmail.google.com%2Fmail%2F%3Fui%3Dhtml%26zy%3Dl&bsv=zpwhtygjntrz&scc=1&ltmpl=default&ltmplcache=2&hl=en (Copy the link and paste in a new tab) Gebruik dan hierdie gmail adres by die skep van al die ondergenoemde. Hou die password dieselfde, behalwe as jy 'n goeie metode het om dit te onthou. Die oomblik as jy dit klaar geskep het, maak ‘n Favourite daarvan sodat jy maklik weer daarna kan teruggan. Maak ook ‘n nota van die gebruikersnaam wat jy gekies het, die blog se URL en ook die blognaam, bv in Notes in Outlook kan jy ‘n plakker skep met hierdie inligting. Dus is jou Username en Blogname nie noodwendig dieselfde nie. 2. Skep nou jou eie Google Blogger hier: https://www.bl...

God is goed

Image
Ons se^ vir mekaar: Die HERE is goed. Ja, die HERE is baie groot en Hy is goed.

Die non en die riller

Ons gaan neem dvd's uit 'n paar dae gelede. Toe ons nadese in die kar klim, se^ Benjamin sag, "ek het nog nooit 'n non in 'n dvd-winkel gesien nie, en toe neem sy nogal 'n riller uit!" :-)

Vakansie

En so het die vakansie aangebreek. En ook heel goed begin. 'n Paar beloftes wat ek myself gemaak het, het ek sommer die eerste dag nagekom!! As die kinders vra dat ek kom swem, sou ek dadelik ja se^ en kom. En ek het. Ons sou baie gesonde smoothies maak, en so waar, die eerste oggend al, "Hierjy, jou lekker smoothie!" Die huis propvol vars vrugte en groente, vars rissies, knoffel en gemmer! Joseph sou 24 Des Wallis toe vlieg, maar met 'n dreigende British Airways "strike" wat oor die kersfeestyd 'n moontlikheid mag word, het hy dit reggekry om sy vlug te vervroeg na komende Sondagaand reeds! 'n Lang-verwagte vakansie saam hom kortgeknip, maar knies nie! Mignon het ingepak asof sy nooit weer teruggaan huis toe nie!! En uitgepak hier by my asof sy vir altyd hier gaan bly. 'n Lekker gevoel. Benjamin het 2 maats hier in die kompleks en hom sien ek net nou en dan - reel is: elke uur 'n sms om te se^ of hy nog heel is. Ekke - het by Oom Rex se begr...