Posts

Skep jou eie blog

Vir die geheuebank- Om jou eie blog te skep in Blogger, en alles te kan doen wat ek in hierdie blog doen, is die stappe soos volg: 1. Skep eers vir jou ‘n Google email adres hier: https://www.google.com/accounts/ServiceLogin?service=mail&passive=true&rm=false&continue=http%3A%2F%2Fmail.google.com%2Fmail%2F%3Fui%3Dhtml%26zy%3Dl&bsv=zpwhtygjntrz&scc=1&ltmpl=default&ltmplcache=2&hl=en (Copy the link and paste in a new tab) Gebruik dan hierdie gmail adres by die skep van al die ondergenoemde. Hou die password dieselfde, behalwe as jy 'n goeie metode het om dit te onthou. Die oomblik as jy dit klaar geskep het, maak ‘n Favourite daarvan sodat jy maklik weer daarna kan teruggan. Maak ook ‘n nota van die gebruikersnaam wat jy gekies het, die blog se URL en ook die blognaam, bv in Notes in Outlook kan jy ‘n plakker skep met hierdie inligting. Dus is jou Username en Blogname nie noodwendig dieselfde nie. 2. Skep nou jou eie Google Blogger hier: https://www.bl...

1 Januarie 2010

Image
En so het die Nuwe Jaar begin: Tannie Thalassa wat haar linkervoet baie seergemaak het. Sy het 'n rukkie gelede 'n nuwe stoel gekoop met wielietjies - so 'n tipiese kantoorstoel. Met die dat sy vorentoe leun om die waaier by die muur af te sit, want Oom Ernesto kry so makilk koud, gly die wieliejtjies van die stoel en gooi haar mooitjies af! Haar voet haak toe vas tussen die stoel en die tafelpoot en sy eindig op in 'n snaakse posisie op die mat. Knie ook seergekry en duimnael blou van probeer keer... Maar sy was baie braaf die heel dag lank. Daar was 'n lang proses by die hospitaal, maar teen 17:30 is ons huis-toe en is haar voet lekker verbind met Trans-Act en het sy ook 'n lekker Voltaren-inspuiting gekry teen die pyn wat haar, so hoor ek vandag, gisteraand heeeerlik laat slaap het! Die Here was vir ons goed - al die administratiewe reelings by die hospitaal het vlot verloop, die personeel was baie vriendelik en die dokter baie saggesind. Die wag was lank, ma...

God is goed

Image
Ons se^ vir mekaar: Die HERE is goed. Ja, die HERE is baie groot en Hy is goed.

Die non en die riller

Ons gaan neem dvd's uit 'n paar dae gelede. Toe ons nadese in die kar klim, se^ Benjamin sag, "ek het nog nooit 'n non in 'n dvd-winkel gesien nie, en toe neem sy nogal 'n riller uit!" :-)

Vakansie

En so het die vakansie aangebreek. En ook heel goed begin. 'n Paar beloftes wat ek myself gemaak het, het ek sommer die eerste dag nagekom!! As die kinders vra dat ek kom swem, sou ek dadelik ja se^ en kom. En ek het. Ons sou baie gesonde smoothies maak, en so waar, die eerste oggend al, "Hierjy, jou lekker smoothie!" Die huis propvol vars vrugte en groente, vars rissies, knoffel en gemmer! Joseph sou 24 Des Wallis toe vlieg, maar met 'n dreigende British Airways "strike" wat oor die kersfeestyd 'n moontlikheid mag word, het hy dit reggekry om sy vlug te vervroeg na komende Sondagaand reeds! 'n Lang-verwagte vakansie saam hom kortgeknip, maar knies nie! Mignon het ingepak asof sy nooit weer teruggaan huis toe nie!! En uitgepak hier by my asof sy vir altyd hier gaan bly. 'n Lekker gevoel. Benjamin het 2 maats hier in die kompleks en hom sien ek net nou en dan - reel is: elke uur 'n sms om te se^ of hy nog heel is. Ekke - het by Oom Rex se begr...

Nou pad, lang pad

Image
Waar is huis? Waar die pad? Reguit pad? Afdraai paadjies.... Val, opstaan, stofpad aanstap... "Die aarde is ons woning niet". Brokkies lewe hier uit Jo'burg.